Onsekerheid oor VS ANC-kongres se toekoms

Onsekerheid oor VS ANC-kongres se toekoms

Onsekerheid oor of die ANC in die Vrystaat se provinsiale Verkiesingskongres die naweek sal voortgaan heers steeds, te midde van vrae oor die geldigheid van 29 Algemene Takvergaderings, wat volgens ‘n hofbevel herbelê moes word.

Regsverteenwoordigers vir die ANC-lede wat die aansoek teen die takvergaderings gebring het, sê die hof sal more redes vir verlede week se besluit verskaf, en dit sal hul volgende stap bepaal.

Die groep se prokureur, Hanno Bekker, sê daar moet ook gekyk word, of die takke in Thabo Mofutsanyana, Lejweleputswa, Mangaung en Gariep wat dié week hul vergaderings herbelê die regte prosedures gevolg het, en by die hof se bevele gehou het, voordat daar sekerheid is oor of die kongres kan voortgaan.

Source: https://www.ofm.co.za/article/national/254078/onsekerheid-oor-vs-anc-kongres-se-toekoms

  •  
  •  
  •  
  •  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *