Nog ’n hofaansoek oor Vrystaatse ANC-konferensie

Nog ’n hofaansoek oor Vrystaatse ANC-konferensie

Regsverteenwoordigers wat namens ontevrede ANC-lede in die Vrystaat optree, het nog ’n hofaansoek gebring: die keer om die provinsiale konferensie wat tans aan die gang is nietig te laat verklaar, en om te keer dat die provinsie se afgevaardigdes aan die nasionale ANC-verkiesingskonferensie deelneem wat die komende naweek plaasvind.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het verlede week beslis dat die provinsiale konferensie eers mag plaasvind nadat 29 takke ’n tweede ronde algemene vergaderings gehou het.

Ace Magashule, voorsitter van die ANC in die Vrystaat, wat na verwagting weer tot hierdie pos verkies sal word, het Sondag gesê die provinsiale uitvoerende komitee het aan die hofbevel voldoen.

Hanno Bekker, wat die ontevrede lede verteenwoordig, het egter Maandag gesê nog takke in die provinsie het intussen na vore gekom om geskille aan te meld.

Hy sê sy kliënte hoop dat die saak Donderdag aangehoor sal word en dat slegs vier respondente ter sprake is.

Volgens Bekker het 32% van die takke reeds geskille aangemeld.

“Dieselfde foute is begaan. Die hofbevel is nie nagekom nie en daar was minagting van die hof.”

Die Vrystaatse ANC sou Maandag ’n mediakonferensie hou om onder meer die kwessie te bespreek.

Die konferensie, wat om 09:00 sou begin, het teen 12:00 nog nie begin nie. Magashule is glo teenwoordig, maar was in vergaderings.

Source: https://www.netwerk24.com/Nuus/ANC_kongres/nog-n-hofaansoek-oor-vrystaatse-anc-konferensie-20171211

  •  
  •  
  •  
  •  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *