Datum Vir Benoemings Steeds 15 November

Datum Vir Benoemings Steeds 15 November

‘n Groep ANC lede gaan die week ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Bloemfontein bring om die provinsiale verkiesingskonferensie van 1 tot 3 Desember te stuit. As die aansoek slaag, kan dit adj.pres. Cyril Ramaphosa se kans om op die nasionale konferensie van 16 tot 20 Desember tot president van die ANC verkies te word drasties versterk. Die aansoek kom te midde van spanning wat in die ANC in die Vrystaat opbou.

Die bloed het al op takvergaderings gevloei. As die Vrystaatse ANC se afvaardiging na die nasionale konferensie in Midrand gestuit word, is ‘n belangrike blok stemme vir die Zumakamp weg. Die deur staan dan oop vir Ramaphosa om pres. Jacob Zuma as ANC leier te vervang en nie Zuma se gewese vrou, dr. Nkosazana DlaminiZuma, nie. Hanno Bekker van Hanno Bekker Prokureurs het by navraag bevestig ‘n groep van 25 Vrystaatse ANC lede gaan die week die aansoek teen die provinsiale uitvoerende komitee van die party bring.

Die gronde vir die aansoek is dat die takvergaderings wat in die Vrystaat gehou is om afgevaardigdes vir die provinsiale en die nasionale konferensies aan te wys, beknoei is en dat daar glo grootskaalse omkopery plaasgevind het. ANC vroueliga in NoordKaap wil Ramaphosa he ‘n Verdeling in die ANC vroueliga het na vore gekom, met die NoordKaap wat adj.pres. Cyril Ramaphosa benoem het om die leierskap van die party op die Desember verkiesings konferensie oor te neem.

Die nasionale leierskorps steun dr. Nkosazana DlaminiZuma. Die provinsiale ligas in Mpumalanga en Limpopo het van die NoordKaap verskil en DlaminiZuma onderskryf. Albei het die benoeming as eenparig beskryf. Die ANCvroueliga beywer hom weer daarvoor dat DlaminiZuma die eerste vrouepresident word. Toe die liga se nasionale uitvoerende komitee aangekondig het dat hy haar sal steun, het sommige ligalede gese steun vir die standpunt is nie in die laer strukture gewerf nie. In die NoordKaap moes ‘n geheime stemming plaasvind nadat sowel DlaminiZuma as Ramaphosa benoem is.

Topys Vilaka, provinsiale sekretaris wat ook in die nasionale uitvoerende komitee dien, het gekla dat sy nou Ramaphosa moet bevorder ten spyte daarvan dat DlaminiZuma vroeer onderskryf is. “Of ek nou daarvan hou of nie, moet ek uitgaan en se dit is die standpunt van die NoordKaap. Ek dink ek is oukei omdat dit ‘n demokratiese proses was,” het Vilaka ges@. “Daar was niks wat ons kon doen nie. As ‘n PUR provinsiale uitvoerende raad sou dit ongrondwetlik gewees het om op die vergadering te gaan en se dit is die standpunt. Almal moet daaraan gehoor gee,” het sy ges@. Sowel Mpumalanga as Limpopo het die liga se topseslys gevolg, wat ook David Mabuza as adjunkpresident, Nathi Mthethwa as nasionale voorsitter, Ace Magashule as sekretarisgeneraal, Jessie Duarte as adjunksekretarisgeneraal en Maite NkoanaMashabane as tesouriergeneraal insluit.

Lydia Moroane, provinsiale sekretaris in Mpumalanga, het in ‘n verklaring gese die benoemde leiers verteenwoordig die “beste kaders om radikale ekonomiese transformasie te ler Mpumalanga se standpunt word gesien as ‘n aanduiding dat Mabuza, wat geheimsinnig was oor wie van die twee voorlopers hy sal steun, waarskynlik sy gewig agter DlaminiZuma sal ingooi. Ironies genoeg het die liga in Limpopo die voormalige president Angie Motshekga aangewys wat aan die Ramaphosaveldtog vir die NUK verbind is. Al het nog nie al die provinsies hul benoemings vir die ANC se leierskorps ingedien nie, gaan die party nie die sperdatum van 15 November verleng nie, het Gwede Mantashe, sekretarisgeneraal van die ANC, Saterdag gese.

Die party het gereel dat lede van die nasionale uitvoerende komitee NUK die kwessie sal hanteer, het Mantashe op ‘n spesiale vergadering van die party in Irene, Centurion, gese. “Ons probeer die proses aanhelp sodat dit baie gou gebeur.” Hy het gese die party is vol vertroue dat die takke aan die naderende sperdatum vir benoemings sal voldoen. Mantashe het bewerings van geweld op die vergaderings ontken en gese vanjaar was daar minimale gewelddadige aanvalle vergeleke met die opbou tot die verkiesingskonferensies in Mangaung 2012 en Polokwane 2007. Die NUK vergader in Irene om die konsep van die party se organisasieverslag te bespreek wat op die verkiesingskonferensie in Desember ter tafel gele sal word.

Op die NUKvergadering, wat vandag eindig, sal die huidige krisis in die OosKaap, asook geskille in dele van die Suidkus van KwaZuluNatal, na verwagting bespreek word. “In die stadium is ons middein besprekings en verskillende sienings word gelug,” het Mantashe gese. Hy het gese die NUK sal bin nekort sy besluit oor die OosKaap oordra. Ontevrede voormalige lede van die OosKaapse provinsiale uitvoerende komitee het teen besluite op sy verkiesingskonferensie, wat in Oktober gehou is, geappelleer. Die konferensie is deur adj.pres. Cyril Ramaphosa as ‘n “fees van stoele” bestempel omdat stoele tydens die aanvaarding van geloofsbriewe in die rigting van die afgevaardigdes gegooi is.

Soure: Die Beeld

  •  
  •  
  •  
  •  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *