Category Archives: Netwerk24

Ace en VS se PUK-lede moet tuisbly, gaan hof hoor

Ace en VS se PUK-lede moet tuisbly, gaan hof hoor

Al die lede van die ANC in die Vrystaat se provinsiale uitvoerende komitee (PUK), insluitend die premier, Ace Magashule, moet aan minagting van die hof skuldig bevind en moontlik in die tronk gegooi word, word in die nuutste hofaansoek van ontevrede ANC-lede gevra. Hulle vra ook dat al die Vrystaatse tak-afgevaardigdes en die oud- en nuutverkose PUK-lede na die 54ste nasionale konferensie eerskomende naweek in Johannesburg deur die hof verbied moet word om dit by te woon en om daaraan deel te neem. Vier ondersteuners van Cyril Ramaphosa in die komende leiersverkiesing van die ANC vra die hooggeregshof in Bloemfontein in ’n dringende aansoek Donderdag om te verklaar dat al […]

Nog ’n hofaansoek oor Vrystaatse ANC-konferensie

Nog ’n hofaansoek oor Vrystaatse ANC-konferensie

Regsverteenwoordigers wat namens ontevrede ANC-lede in die Vrystaat optree, het nog ’n hofaansoek gebring: die keer om die provinsiale konferensie wat tans aan die gang is nietig te laat verklaar, en om te keer dat die provinsie se afgevaardigdes aan die nasionale ANC-verkiesingskonferensie deelneem wat die komende naweek plaasvind. Die hooggeregshof in Bloemfontein het verlede week beslis dat die provinsiale konferensie eers mag plaasvind nadat 29 takke ’n tweede ronde algemene vergaderings gehou het. Ace Magashule, voorsitter van die ANC in die Vrystaat, wat na verwagting weer tot hierdie pos verkies sal word, het Sondag gesê die provinsiale uitvoerende komitee het aan die hofbevel voldoen. Hanno Bekker, wat die ontevrede […]

Vrystaatse ANC gemaan: Kry jul huis in orde

Vrystaatse ANC gemaan: Kry jul huis in orde

Ernstige waarskuwing word in ’n prokureursbrief aan die Vrystaatse ANC op die vooraand van hul verkiesingskonferensie eerskomende Sondag gerig dat hulle die kongres liefs nie moet hou voordat hul huis in orde is nie. ’n Dringende aansoek om die tweedaagse konferensie in Parys te verbied, of ’n aansoek vroeg volgende week om die besluite wat daarop geneem is, nietig te laat verklaar, kan deur die ANC verwag word, skryf Hanno Bekker van Bekker-prokureurs in Bloemfontein aan die ANC se prokureurs. Bekker is een van die opdraggewende prokureurs van 26 ondersteuners van die Cyril Ramaphosa-faksie wat reeds ’n verklarende bevel in die Vrystaatse hooggeregshof gekry het dat 29 afgelope takvergaderings van […]

ANC se VS-kongres dalk nietig verklaar

ANC se VS-kongres dalk nietig verklaar

Die ink op die notule van die ANC se Vrystaatse provinsiale kongres eerskomende Sondag en Maandag in Parys gaan skaars droog wees, dan kan die hooggeregshof in Bloemfontein die kongres en alle besluite daarop nietig verklaar. Die 26 ondersteuners van Cyril Ramaphosa as nasionale leier van die ANC, wie se hofaansoek daarvoor verantwoordelik is dat dié kongres met ’n week uitgestel is, beplan vroeg in volgende week nog ’n aansoek in die hooggeregshof. Hulle gaan waarskynlik ook vra dat die afgevaardigdes van die meer as 300 ANC-takke in die provinsie na die nasionale konferensie op 16 Desember verbied moet word om dit by te woon. Hanno Bekker van Bekker-prokureurs in […]

Cyril- en NDZ-faksies in VS mik weer hof toe

Cyril- en NDZ-faksies in VS mik weer hof toe

Die messe word weer geslyp vir ’n volgende ronde in die Vrystaatse hooggeregshof tussen die ANC se twee faksies in die Vrystaat wat onderskeidelik Cyril Ramaphosa en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma as kandidate vir die land se presidentskap steun. Dié keer is die Vrystaatse afgevaardigdes wat die ANC se nasionale verkiesingskongres op 16 Desember wil bywoon die teiken. Uit ’n brief van Hanno Bekker van Bekker-prokureurs in Bloemfontein namens die Ramaphosa-ondersteuners aan die Moroka-prokureurs (wat die Dlamini-Zuma-ondersteuners verteenwoordig) blyk dit dat die hof gevra gaan word om al die Vrystaatse afgevaardigdes te verbied om die nasionale konferensie by te woon. As dié hofaksie slaag, kan dit Dlamini-Zuma se kanse vir die […]

Vrystaatse kongres in hof gestuit

Vrystaatse kongres in hof gestuit

Die Vrystaatse provinsiale verkiesingskongres wat van Vrydag in Parys beplan is, is in sy spore gestuit deur ’n meerderheidsuitspraak van ’n volbank in die hooggeregshof in Bloemfontein. In die uitspraak in die hooggeregshof is daar egter vir die “verloorders”, die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die ANC en die ANC, ’n gaping gelos. Hulle moet net voor Vrydag 29 algemene takvergaderings in vier streke in die provinsie op ’n wettige wyse volgens die grondwet van die party oorhou. Dan kan die kongres voortgaan. Dié beslissing raak nie die provinsiale algemene raadsvergadering wat premier Ace Magashule Dinsdagmiddag inderhaas gehou het. Op dié vergadering het die Vrystaatse ANC sy steun aan dr. […]

Aansoek teen ANC in Vrystaat kan Ramaphosa help

Aansoek teen ANC in Vrystaat kan Ramaphosa help

Ace Magashule en Thabo Manyoni in gelukkiger tye. Magashule is die huidige ANC-voorsitter in die Vrystaat en die premier. Hy is ’n belangrike pilaar in die Nkosazana Dlamini-Zuma-kamp. Manyoni, gewese burgemeester van die Mangaung-metro, veg om die nuwe voorsitter en premier in die Vrystaat te word en is in die Cyril Ramaphosa-kamp. ’n Groep ANC-lede gaan dié week ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Bloemfontein bring om die provinsiale verkiesingskonferensie van 1 tot 3 Desember in sy spore te stuit. Indien die aansoek slaag, kan dit adj.pres. Cyril Ramaphosa se kanse om as die ANC-leier op die nasionale konferensie van 16 tot 20 Desember verkies te word dramaties versterk. […]

Boekhouer van bedrog aangekla

Boekhouer van bedrog aangekla

’n Boekhouer van Bloemfontein is agter tralies nadat die polisie hom ná twee maande opgespoor het weens beweerde bedrog van R2,2 miljoen met die belasting van drie ondernemings in Bloemfontein. Ivan Kleynhans (37) van CGI Accounting Solutions en ook van Taxsure in die stad se verhoor is Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein tot 27 November uitgestel, wanneer hy formeel om borgtog sal aansoek doen. Hy bly in aanhouding. Na verneem word, het hy tussen 2013 en verlede jaar BTW en werkloosheidsversekering van die drie ondernemings waarvoor hy die boekhouding gedoen het en wat aan die ontvanger oorbetaal moes word, na bewering vir homself gevat. Thoko Zumane het aangekla. Hanno […]

Aansoek weer geskrap om van Ace ontslae te raak

Aansoek weer geskrap om van Ace ontslae te raak

’n Tweede hofaansoek binne tien dae in die Vrystaatse hooggeregshof om van premier Ace Magashule en sy provinsiale bestuur in die Vrystaatse ANC ontslae te raak, is met koste van die rol van die Vrystaatse hooggeregshof geskrap. ’n Nuwe soortgelyke aansoek gaan waarskynlik binne die volgende twee weke in die Vrystaatse hooggeregshof gedoen word. Dit is net meer as ’n maand voordat die ANC in die Vrystaat sy verkiesingskongres van 1 tot 3 Desember hou. Regter Lepono Lekale het Vrydag namens ’n volbank ’n aansoek van Lefa Samuel Mifi vir ’n bevel dat Magashule en sy provinsiale uitvoerende komitee dadelik hul posisies moet ontruim, geskrap omdat die aansoek nie behoorlik […]

Ace hof toe gevat oor hy steeds lyf ‘leier’ hou

Ace hof toe gevat oor hy steeds lyf ‘leier’ hou

Ace Magashule, premier van die Vrystaat en ook Vrystaatse provinsiale voorsitter van die ANC. Foto: Netwerk24 Ace Magashule, premier van die Vrystaat, moet ophou om voor te gee hy is steeds die wettig verkose leier van die ANC in die Vrystaat. Sy termyn het maande gelede reeds verstryk, sê lede van die ANC. Stukke is in die Vrystaatse hooggeregshof uitgereik waarin die mandaat van Magashule as leier en sy provinsiale uitvoerende komitee (PUK) deur ANC-lede beveg word. Hulle vra dat hul aansoek volgende Woensdag aangehoor word. Intussen is regsverteenwoordigers van ander ANC-lede besig met die opstel van nog só ’n aansoek. Mncedisi Bokwa van Bloemfontein en Lonwabo Dyi van Bethulie […]