Category Archives: Maroela Media

ANC-takvergaderings ‘onwettig en onreëlmatig’

ANC-takvergaderings ‘onwettig en onreëlmatig’

Die ANC Vroueliga (ANCVL) in die Vrystaat het gesê hulle het “met teleurstelling” kennis geneem van die uitspraak van die hooggeregshof in Bloemfontein dat 29 algemene takvergaderings onwettig en onreëlmatig gehou is. Die hof het Woensdag uitspraak gelewer dat die ANC se provinsiale verkiesingskongres wat van 1 tot 3 Desember gehou sou word, nie gehou kan word nie tot dat dié takvergaderings weer op ‘n wettige manier gehou word, in lyn met die grondwet van die ANC. Die besluite wat dus vroeër tydens die 29 takvergaderings geneem is, is deur die hof nietig verklaar. Die ANCVL het gesê hulle het tekens gesien dat die party dalk geïnfiltreer is deur fanatici […]