Category Archives: Beeld

Datum Vir Benoemings Steeds 15 November

Datum Vir Benoemings Steeds 15 November

‘n Groep ANC lede gaan die week ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Bloemfontein bring om die provinsiale verkiesingskonferensie van 1 tot 3 Desember te stuit. As die aansoek slaag, kan dit adj.pres. Cyril Ramaphosa se kans om op die nasionale konferensie van 16 tot 20 Desember tot president van die ANC verkies te word drasties versterk. Die aansoek kom te midde van spanning wat in die ANC in die Vrystaat opbou. Die bloed het al op takvergaderings gevloei. As die Vrystaatse ANC se afvaardiging na die nasionale konferensie in Midrand gestuit word, is ‘n belangrike blok stemme vir die Zumakamp weg. Die deur staan dan oop vir Ramaphosa […]