Boekhouer van bedrog aangekla

Boekhouer van bedrog aangekla

’n Boekhouer van Bloemfontein is agter tralies nadat die polisie hom ná twee maande opgespoor het weens beweerde bedrog van R2,2 miljoen met die belasting van drie ondernemings in Bloemfontein.

Ivan Kleynhans (37) van CGI Accounting Solutions en ook van Taxsure in die stad se verhoor is Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein tot 27 November uitgestel, wanneer hy formeel om borgtog sal aansoek doen.

Hy bly in aanhouding.

Na verneem word, het hy tussen 2013 en verlede jaar BTW en werkloosheidsversekering van die drie ondernemings waarvoor hy die boekhouding gedoen het en wat aan die ontvanger oorbetaal moes word, na bewering vir homself gevat.

Thoko Zumane het aangekla. Hanno Bekker van Bekker-prokureurs tree vir Kleynhans op. Kapt. Martin Barker is die ondersoekbeampte.

Source: https://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/boekhouer-van-bedrog-aangekla-20171109

  •  
  •  
  •  
  •  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *