ANC lede Beveg Ace Se Leierskap In Hof

ANC lede Beveg Ace Se Leierskap In Hof

Ace Magashule, premier van die Vrystaat, moet ophou om voor te gee hy is steeds die wettig verkose leier van die ANC in die Vrystaat. Sy termyn het maande gelede reeds verstryk, se lede van die ANC. Stukke is in die Vrystaatse hooggeregshof uitgereik waarin die mandaat van Magashule as leier en sy provinsiale uitvoerende komitee PUK deur ANClede beveg word.

Hulle vra dat hul aansoek volgende Woensdag aangehoor word. Intussen is regsverteenwoordigers van ander ANClede besig met die opstel van nog s6 ‘n aansoek. Mncedisi Bokwa van Bloemfontein en Lonwabo Dyi van Bethulie vra die hof moet verklaar dat die hele PUK se termyn in Mei al verstryk het en dat die lede daarvan verbied moet word om hulself as lede van die PUK voor te doen. Hanno Bekker van Bekkerprokureurs het bevestig dat hy dalk al voor die einde van die week namens ANClede met ‘n byna soortgelyke aansoek hof toe gaan waarin gevra word dat die Vrystaatse PUK moet ontbind.

Hulle wil ook vra dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee NUK ‘n taakspan moet aanstel om die party in die Vrystaat tot sy provinsiale verkiesingskongres te lei. Bokwa en Dyi se in hul aansoek die ooreenkoms wat twee ander ANClede einde verlede week met die PUK oor die datums van 1 tot 3 Desember vir die Vrystaatse ANCverkiesingskongres aangegaan het, is ook nietig. Sover dit hulle aangaan, bestaan die PUK nie meer sedert Mei vanjaar nie en het dus nie die mandaat gehad om s6 ‘n ooreenkoms met Selake Tladi van Steynsrus en Modise Tshopo van die Lejweleputswastreek voor die deure van die hooggeregshof aan te gaan nie.

Die ooreenkoms is deur regter Soma Naidoo ‘n bevel van die hof gemaak. Daniel Muller van Kramer Weihmann en Joubert is Bokwa en Dyi se prokureur.

Source: Die Volksblad

  •  
  •  
  •  
  •  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *