Ace en VS se PUK-lede moet tuisbly, gaan hof hoor

Ace en VS se PUK-lede moet tuisbly, gaan hof hoor

Al die lede van die ANC in die Vrystaat se provinsiale uitvoerende komitee (PUK), insluitend die premier, Ace Magashule, moet aan minagting van die hof skuldig bevind en moontlik in die tronk gegooi word, word in die nuutste hofaansoek van ontevrede ANC-lede gevra.

Hulle vra ook dat al die Vrystaatse tak-afgevaardigdes en die oud- en nuutverkose PUK-lede na die 54ste nasionale konferensie eerskomende naweek in Johannesburg deur die hof verbied moet word om dit by te woon en om daaraan deel te neem.

Vier ondersteuners van Cyril Ramaphosa in die komende leiersverkiesing van die ANC vra die hooggeregshof in Bloemfontein in ’n dringende aansoek Donderdag om te verklaar dat al die PUK-lede wat op die afgelope Vrystaatse konferensie in Parys herverkies is, ’n bevel van dié hof geminag het.

Hulle moet 20 dae gegee word om redes te verskaf hoekom elkeen van hulle nie ’n gepaste tyd vir minagting van ’n hofbevel in die tronk moet deurbring nie.

In hofstukke, wat deur die hooggeregshof uitgereik is, vra dié vier dat die pas afgelope Vrystaatse konferensie van die ANC in Parys, asook die besluite wat daar geneem is, nietig verklaar moet word.

Die hof moet ook verklaar dat die provinsiale algemene vergadering wat op kort kennisgewing einde verlede maand in Parys gehou en waarop die Vrystaat sy steun aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma toegesê het, onwettig gehou is en die besluite wat daar geneem is, dus nietig is.

Benewens dié 28 het verskeie ander takke ook onreëlmatighede aangemeld. Dit is nie opgelos nie. Dit het in al die stede in die provinsie voorgekom.

Tebogo Bozo, ’n ANC-lid van Grasland by Bloemfontein, sê in ’n hofverklaring die hofbevel van einde verlede maand in die hooggeregshof dat die Vrystaatse provinsiale konferensie in Parys nie gehou mag word voordat die onwettige vergaderings van 28 takke in die provinsie nie wettig gehou word nie, is nie nagekom nie.

Dieselfde ongerymdhede het weer in die tweede poging voorgekom. Dié takvergaderings is nie in ooreenstemming met die ANC se grondwet gehou nie.

Benewens dié 28 het verskeie ander takke ook onreëlmatighede aangemeld. Dit is nie opgelos nie. Dit het in al die stede in die provinsie voorgekom.

As gevolg daarvan behoort geen afgevaardigde van die Vrystaat die provinsiale of nasionale konferensies by te woon nie.

Bozo sê dit is duidelik dat die PUK-lede die uitspraak van ’n volbank op 29 November opsetlik en met kwade bedoelings geminag het toe hulle met die provinsiale konferensie voortgegaan het.

Afgevaardigdes wat op sulke onwettige takvergaderings verkies is, het ook aan die provinsiale algemene vergadering op 28 November deelgeneem.

Bozo sê dit is duidelik dat die PUK-lede die uitspraak van ’n volbank op 29 November opsetlik en met kwade bedoelings geminag het toe hulle met die provinsiale konferensie voortgegaan het.

Hulle moes geweet het die onreëlmatighede in die takvergaderings is nie reggestel nie. In sommige gevalle was daar nie eens ’n poging om dit te doen nie.

Hy sê op die oomblik is daar nie ’n wettig verkose PUK nie. Iemand wat op die nasionale konferensie wil voorgee hy is ’n lid van die Vrystaatse PUK, tree onwettig op, sê hy.

Source: https://www.netwerk24.com/Nuus/ANC_kongres/ace-en-vs-se-puk-lede-moet-tuisbly-gaan-hof-hoor-20171212

  •  
  •  
  •  
  •  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *