Aansoek weer geskrap om van Ace ontslae te raak

Aansoek weer geskrap om van Ace ontslae te raak

’n Tweede hofaansoek binne tien dae in die Vrystaatse hooggeregshof om van premier Ace Magashule en sy provinsiale bestuur in die Vrystaatse ANC ontslae te raak, is met koste van die rol van die Vrystaatse hooggeregshof geskrap.

’n Nuwe soortgelyke aansoek gaan waarskynlik binne die volgende twee weke in die Vrystaatse hooggeregshof gedoen word.

Dit is net meer as ’n maand voordat die ANC in die Vrystaat sy verkiesingskongres van 1 tot 3 Desember hou.

Regter Lepono Lekale het Vrydag namens ’n volbank ’n aansoek van Lefa Samuel Mifi vir ’n bevel dat Magashule en sy provinsiale uitvoerende komitee dadelik hul posisies moet ontruim, geskrap omdat die aansoek nie behoorlik gebring is nie.

Dié aansoek is soortgelyk, maar nie heeltemal dieselfde nie as die een wat op 19 Oktober ook deur ’n volbank van die hooggeregshof weens ’n gebrek aan dringendheid van die rol geskrap is.

Hanno Bekker van Bekker-prokureurs het gevra dat die aansoek wat hy namens Mifi gebring het van die rol verwyder word. Daar was probleme met die tydperke in die aansoekstukke.

Adv. Pule Seleka SC, namens die ANC en die provinsiale uitvoerende komitee het betoog dit lyk asof die aansoek nie net probleme met dringendheid het nie, maar ook met die meriete daarvan.

Dié aansoek is soortgelyk, maar nie heeltemal dieselfde nie as die een wat op 19 Oktober ook deur ’n volbank van die hooggeregshof weens ’n gebrek aan dringendheid van die rol geskrap is.

Adv. Seleka, in opdrag van Moroka-prokureurs, is bygestaan deur advv. Krystle Adams en Nkaiseng Kgooe.

Mifi beweer in sy aansoek dat die huidige lede van die provinsiale komitee hul posisies onwettig beklee. Hul termyn het in April/Mei vanjaar al verstryk.

Die nasionale uitvoerende komitee moet ’n tussentydse taakspan aanstel om die ANC in die Vrystaat te beheer totdat ’n nuwe provinsiale uitvoerende komitee gekies word.

Source: https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/aansoek-weer-geskrap-om-van-ace-ontslae-te-raak-20171027

  •  
  •  
  •  
  •  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *